■ ’n Groep leerders wat aan die Helderberg Eisteddfod in Augustus deelgeneem het, het ’n verskydenheid toekennings ontvang. Agter, van links is Mia du Plessis, Derik Nortjé, Kelly Joubert, Lizanne Nortjé, Ebert Wessels en Nicolene Esterhuyse, en voor van links is Mieke van der Merwe en Megan Stemmet. Mia Du Plessis verwerf ‘n pryswennerssertifikaat vir die beste prestasie in die senior afdeling vir klavier asook ‘n medalje vir ‘n uitstaande prestasie in die senior afdeling vir klavier. Mieke Van Der Merwe verwerf ‘n medalje vir ‘n uitstaande prestasie in die senior afdeling van solo instrumente in die afdeling vir musiekvermaaklikheid. Kelly Joubert verwerf ‘n pryswennerssertifikaat vir die beste prestasie vir solo sang vir 16 jariges in die afdeling vir musiekvermaaklikheid. Megan Stemmet verwerf ‘n pryswennerssertifikaat vir die beste prestasie in die 13 jarige ouderdomsgroep in die afdeling vir blokfluit. Derik Nortjé verwerf ‘n pryswennerssertifikaat vir die beste prestasie in die 14 jarige ouderdomsgroep in die afdeling vir blokfluit. Ebert Wessels en Derik Nortjé verwerf ‘n pryswennerssertifikaat vir die beste prestasie in die senior fase vir duet in die afdeling vir blokfluit. Lizanne Nortjé en Nicolene Esterhuyse verwerf ‘n pryswennerssertifikaat vir die beste prestasie in die gevorderde fase vir duet in die afdeling vir blokfluit.