■ Parel Vallei Hoërskool het vanjaar die nasionale eerste plek behaal in die landswye BioScience Global-olimpiade. Altesaam 130 leerders het deelgeneem aan die olimpiade, wat leerders se kennis oor anatomie en fisiologie toets. Om die wenners-skolelys vir die olimpiade saam te stel is die gemiddeld van die 10 beste leerders per skool se punte in berekening gebring. Die leerders in die foto het besonder goed gevaar, en goue sertifikate verwerf. Van links is Irene du Toit, Kari Oosthuizen, Eduan Uys, Du Toit Spies, wat nasionaal eerste geëindig het, Sharyn van der Walt en Renée van Zyl, en voor is Elsabe Kruger, Parel Vallei se hoof van lewenswetenskappe.