Gerhard wen weer Generaal Smuts-trofee

Van lings, is Bennie Howard, sameroeper van die kompetisie; Willene Bester, assistentwynmaker; Gerhard Swart; Mia Boonzaaier, assistenwynmaker; en Christo Pienaar, voorsitter van die SA Nasionale Wynskou Vereniging.

Gerhard Swart, ‘n oudleerder van Hoëskool Strand se 1995-matriekklas, en keldermeester by Flagstone wynkelder, het vir die tweede keer die Generaal Smuts-trofee by die SA Jongwynskou verower. Gerhard het met sy 2010 semillon eers gewen, en die jaar, met sy 2019 sauvignon blanc.