Gemeenskapsleiers kursus aangebied

■ Die Stellenbosch EBoss het vrywilligers opgelei as gemeenskapsleiers en die laaste klas is bygewoon in die Kyamandi Ikhaya Trust Sentrum. Die groep het die klas oor kultuur en erfenis geniet en ook die nuwe groep ontmoet en so ook lekker genetwerk. Die groep vrywilligers word vandag, Woensdag 29 Augustus beloon met hul sertifikate by ‘n gradeplegtigheid. Karel Dampies, gemeenskapswerker vir Drakenstein en die Kaapse Wynland, sê hy het sommer dadelik inligting gedeel. Van links is Koos Petersen, Karel Dampies, Cindy Paulse en Mervin Heswick.