Gehore bederf met bekoorlike koorsang

Die Paul Roos-skoolkoor sal ook feesgangers vermaak.

Gehore kan uitsien na die jaarlike beKoor koorfees deur Paul Roos Gimnasium op Woensdag April 20, aangebied.

Die aand se program is propvol gevul met koorsang deur leerlinge van plaaslike skole, sowel as optredes deur die skoolkoor van die gasheer, Paul Roos Gimnasium.

Skoolkore wat vanjaar gehoor sal vermaak sluit in; Hoër Meisiekool Bloemhof, Rhenish Girls’ High, en Hoërskool Stellenbosch.

Plaaslike liedjieskrywer en sangeres Luna Paige en baskitaarspeler Schalk Joubert tree ook as gaskunstenaars by vanjaar se geleentheid op.

Kaartjies is aanlyn by Quicket beskikbaar teen ’n koste van R50 vir volwassenes en R30 vir skoliere. Kaartjies sal ook by die deur beskikbaar wees op die aand van die konsert.

Die koorfees sal plaasvind by die Paul Roos-sentrum geleë in Suidwalstraat, Stellenbosch en begin om 18.30, maar deure open alreeds om 18.00. Vir kaartjie aankope besoek, www.quicket.co.za

Bekende plaaslike kunstenaar, Luna Paige sal ook by hierdie geleentheid optree.
Optredes deur baskitaarspeler Schalk Joubert is ook op vanjaar se program.