Plaaslike teatergangers kan uitsien na ’n vertoning deur Frank Opperman in ’n bekroonde produksie.
Ek wens, ek wens met mnr. Opperman is volgende maand te sien by die Drostdy teater in Stellenbosch.
Die produksie word vanaf Dinsdag Februarie 1 tot Saterdag Februarie 5, om 7 uur die aand opgevoer en op Sondag Februarie 6, om 3 uur die middag.
Ek Wens, ek wens is ‘n fabelagtige verhaal oor Seb, ‘n lykbesorger wat ‘n grys, eenvoudige en ongelukkige bestaan lei. Sy lewe is een van roetine en kleinighede, en hy sien lankal nie meer die wonder en grootsheid van die lewe raak nie.
Tot hy eendag ‘n engelagtige seuntjie, Gawie, ontmoet. Die magiese gevolge van hierdie ontmoeting noop Seb om te vra: As ek net een wens het, waarvoor sal ek wens? ‘n Ander werk, ‘n klomp geld, beter verhoudings met die mense om my? Wat is vir my belangrik? Wat wil ek die graagste in my lewe hê?
Die produksie is as Aardklop Nasionale Kunstefees 2021 se beste produksie bekroon, en Frank Opperman het ook die toekenning ontvang vir beste akteur vir sy kragtoer in hierdie eenmanvertoning.
Die produksie is 75 minute lank en kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R220 per persoon. Ouerbegeleiding van onder-13 jaar word aanbeveel.