Enrico se Afrikaans-prestasie

Enrico Blood met sy vakonderwyseres, Marietjie Bredell, wat hom van Graad 8 in Afrikaans onderrig het.

Parel Vallei Hoëskool leerder, Enrico Blood, het sy NSS-eksamen in Afrikaans eerste addisionele taal verlede jaar met groot sukses geslaag.  Hy is aangewys as die Wes-Kaap-leerder wat die beste presteer het in dié vak.