Elvis mag dalk die gebou verlaat het, maar die gerugte oor sy misterieuse seun wat sy pa se kenmerkende stem en opwindende dansbewegings geërf het, wil maar net nie gaan lê nie…
Meer as 30 jaar na Elvis Presley se dood, daag ’n splinternuwe Afrikaanse musiekgroep op wat dieselfde tipe musiek maak as die koning van ruk en rol, maar in Afrikaans. Is dit dalk waarlik Elvis se seun wat nou sy opwagting in Suid-Afrika maak?
Elvis se Seun is ’n jong, energieke 4-stuk groep, bestaande uit ’n sanger, kitaarspeler en twee dansers, wat oorspronklike Afrikaanse musiek maak, met Stefan Ludik as hoofsanger. Hulle is by die Somerset Wes Golfklub, op Donderdag 15 Desemeber, om 6.30nm.
Kaartjies is beskikbaar op www.webtickets.co.za en kos R250 ingesluit ’* bier en ete.
Rig navrae aan 084 522 5223 of preventssa@gmail.com