Een rede vir ’* vreemde attraksie

Die onlangse Woordfees het nogal ’* groot indruk op my gemaak, maar nie net oor die atmosfeer, die boeke en die bekendstellings nie (dis waarvoor ek gaan).

Nee, ook die tussenin-tydjies waar jy rustig kan sit en iets eet, luister na gesprekke en selfs met skrywers en ander rolspelers in die bedryf nader kennis maak.

So sit ek een namiddag agter die US Kunsmuseum, iewers tussen die Boeketent en RSG se opslaanateljee – en gesels met Prof. Johan Bakkes, wat die volgende dag sy nuwe reisboek Openbaring daar sou kom bespreek. By ons was mense van NB Uitgewers en skrywers.

Skielik sê Prof. Bakkes hy wil een van my boeke koop, en ek antwoord nee, vat dit, waarop hy toe in ruil een van sy oorlede pa, Prof. Cas Bakkes, se boeke aan my gee.

Die boek, waarvan ek totaal onbewus was, se titel is Boskroniek (April-Junie 1977), dagverhaal van ’* Grenssoldaat (selfuitgawe, 2008).

Terwyl ek dit alles nou sit en neerskryf dink ek aan my e-posgesprek vroeëre vandag met ’* historikus wat graag oorlogboeke lees, daaroor skryf en skaalmodelle van oorlogstuig bou: “Ek sit juis nou en lees aan ’* dagboek van Cas Bakkes, die professor in Krygs-kunde wat onlangs oorlede is. Wat hy daarin geskryf het wys op Afrikaners se band met oorlog.”

Hy skryf byvoorbeeld: “Hoe het sake egter alles so ver gekom dat ek op hierdie aand 75 jaar na die beëindiging van die Tweede Vryheidsoorlog en 62 jaar na die beëindiging van die Rebellie en 32 jaar na die beëindiging van die Tweede Wêreldoorlog in uniform van my gesin afskeid neem, onderweg na die front?”

Hoe vreemd is dit dat ’* man van in sy 50s (toe) vrywilliglik grens toe gaan, want hy droom van kindsbeen daarvan om in ’* oorlog te veg? Binne myself het ek ’* ambivalensie – ek is geïnteresseerd in die wapentuig en die kameraadskap, maar gebelg deur die sinneloosheid van doodmaak en verwoes omdat politici dit besluit het. Ek dink dis hoekom ek nie meer so baie oor oorlog lees en dink nie, maar tog soms daarna ‘terugkeer’.

Inderdaad. Dis vreemd, die oorlog-ding, dink ek nou; die mengsel van avontuurlus en patriotisme wat mans daartoe dryf om ondenkbare dinge aan mekaar te doen.

Sommiges sal sê: “Ag, jy is ’* lafaard man, word groot!” Maar dis meer bravado en onkunde as enigiets anders – die gesegdes “War is hell” en “There are no atheists on the battlefield” is oorspronklik deur ware soldate geuiter, nie droomoog skoolseuns nie.

Nietemin, met dit alles in ge-dagte het ek aan Boskroniek begin lees, die dagboekaantekeninge en briewe van ’* man wat ek nie geken het nie. In die inleiding noem hy dat gesê is dat sy geskrif stukkies letterkunde bevat, soos “Die nag * ê absoluut bladstil in die sterrelig versteen. Die maanskyn word al kouer.”

Hy noem dat hy as 14-jarige in 1940 reeds begin het met ‘* joernaal en * á die Tweede Wêreldoorlog afwisselend herinneringsge-skrif, ’* dagboek, ’* dagbrief aan ou kamerade, vriendinne, sy moeder, sy nooi en * á 1955 ’* “ononderbroke dagverhaal afgewissel in al die gedaantes van die ego-dokument” soos hier beskryf.

En soos ek aanlees besef ek dat hierdie vorm-oneweredigheid dit moeiliker maak om te verteer. Sy woorde “Al sou hierdie dagboek […] nie meer historiese relevansie bevat nie, sy kulturele en letterkundige waarde ’* publikasie regverdig”, laat my wonder hoekom sal ’* relaas van die Grensoorlog (1966-1989) nie meer relevant wees nie? Inteendeel, is dit nie juis die werklike waarde vir die “algemene” leser wat nie aan die Bakkes-familie verwant is nie?

Maar nee, tog nie, daar ís meer: Prof. Cas Bakkes vertel hoekom hy – en talle lede van sy generasie – so patrioties is en so gewillig was om slagveld toe te gaan.

Soos reeds genoem was daar die talle oorloë wat net voor en gedurende hulle lewens plaasgevind het, veral die tragedie van die Verskroeide Aarde-beleid en konsentrasiekampe, en die versugting om los te kom van onderdrukking (hy was bv. lid van die Ossewabrandwag)… en hulle toe hul eie soort onderdrukking toegepas het op die swart bevolking. Daarom skryf hy op bladsy 4 van die verwesenliking van sy “militêre droom.” En ironies sê hy op die volgende bladsy: “Niks bly dieselfde nie en alles verander voortdurend. Dis een van die wetmatighede van die geskiedenis wat ek in my jeug reeds leer ken.”

Bakkes sê hy boekstaaf sy ervarings as “brandhout vir die winter met die hoop dat my mense hul selfrespek soos met die Tweede Vryheidsoorlog sou behou en as kul-tuurvolk hul soewereiniteit sal handhaaf en nooit aan vreemdes sal prysgee nie.”

Ook, noem hy dat hy vyftien militêre staaltrommels vol aantekeninge in die Pretoriase argief laat berg het sodat histeriograwe dit later kan bestudeer.

Tot dan is daar Boskroniek om te lees. Op bladsy 11 begin sy dagboek met “Donderdag 27 April 1977.”

Ek lees dit en bevind my terug in uniform.

Darem net figuurlik gesproke.