Drink an bestuur is ‘n ou storie, asook oormatige vrugbaarheid

Verlede week het ons oor die boek Wine, Women Good and Good Hope deur June McKinnon (2015) gelees, waarin oor gewone mense van die Ou Kaap, veral vroue van daardie periode.
En oor drankmisbruik… vroue en drank – klink reeds na ’* resep vir ’* katteknypery.

Voeg daarby voertuie en die verkeerspolisie van vandag raak skoon bevange. Ja-nee, destyds was daar nie soveel spoed nie en nog minder spietkops, maar drank. O ja.

En sommige politici mag verbyster wees hieroor, maar: die wiel was reeds ontwerp.

Dus was daar reeds in 1662 ’* padongeluk, op die nag van Catharina Uistings en Hans Ras se troue, toe die pasgetroudes met hulle wa teen dié van hulle bure gebots het.

Die bure, Thielman en Mayken Hendriks, wat juis van die einste Rasse se onthaal af gekom het, het hulle summier uitgevloek.

Met reg kan beweer word dat hulle buurskap daarvandaan met rasse skrede agteruitgegaan het – toe Hans kla dat Thielman nie sulke lelike taal voor sy nuwe bruid gebruik nie, het Mayken Hans aan die hare beetgekry en haar man Thielman het ’* mes in Hans se ribbes gedruk.

Nou kyk net, hoe mooi werk man en vrou saam, ’* voorbeeld vir die pasgetroudes – maar die handvatsel het afgebreek en Hans het dit oorleef.

Nietemin, laat ons meer oor die wilde vroue van daardie tyd lees: as dit by drink kom, was die vroue dalk nie voor in die koor nie, maar hulle was beslis koorlede.

Ene Jan van Eeden het skynbaar gedink sy vaderland lyk soos sy familienaam teen die Kaap en Gemorra waar sy vrou Helena in ’* suiplap verander het en in 1677 huiswaarts gekeer.

Soos Adam ook méér as 2000 jaar gelede ontdek het, was Eden nie wat hy gehoop het nie en hy is terug hierheen. Helena, skynbaar vergewe en gerehabiliteer het * á hom na die Kaap terugkeer, maar sy en die skip se kaptein het oorvriendelik geraak.

En Jan skei haar toe, omdat hy nie ’* ander man se kind wou grootmaak nie. Helena is boonop deur die Kaap se regering na ’* huis vir gevalle vroue in Batavia verban. Hierdie Helena het, anders as die een van Troje, nie ’* duisend skepe laat seil nie, maar sy het beslis self heelwat geseil.

Behalwe drank was daar natuurlik die ander euwel wat op loer * ê waar mans en vroue bymekaar kom – en dit was, soos dit vandag steeds is, eintlik eers as ’* probleem erken as jy uitgevang was.

Eerstens het die V.O.C., ten spyte van sy puriteinse houding, eerder probeer geld maak as om Christelike waardes te beskerm.

Daarom is kantiene, bordele en ander “afleidings” toegelaat solank die vrede bewaar kan word. Interessant is dat die V.O.C. strenger was op getroude vroue wat rondgeslaap het as op ongehude moeders.

Die probleem het gekom wanneer daar geld uitbetaal moes word, soos toelaes aan weduwees en daarom het weduwees heel dikwels mans “onthaal” vir ’* ekstra inkomste.

Soos Tryntjie Verwey (* ée Gansevanger) wat ’* paar maal deur die Politieke Raad (hoogste regerende gesag aan die Kaap) gewaarsku is om haar skaamtelose dinge te staak.

Tryntjie se handlangers het boonop op haar bevel twee beeste by die Khoi gesteel en hulle reageer toe deur haar hele skaaptrop te vang en op te eet.

Ek neem aan Tryntjie moes toe ekstra woeker met haar ander talente om op te maak vir die verliese. Wat ’* bose kringloop …

Die getroude dames het ook nie altyd gehuiwer om ysters in meer as een vuur te * ê nie – soos Maria Kickers wat in 1688 as deel van ’* groep weeskinders na die Kaap gestuur is as bruide vir Kaapse mans, en spoedig met die boer Jan Cornelise getrou het. Jan was baie ingenome met sy vrugbare vrou wat etlike kinders gebaar het.

Totdat hy besef het dat sommige kinders eintlik sy Duitse voorman Frederick Botha se spruite was – ses in totaal. Maria en Frederick is toe na Mauritius verban, na verskillende dele van die eiland, maar het later na die Kaap teruggekeer en is in 1717 getroud.

Een van die eerste dinge wat hulle gedoen het was om hulle kinders te laat doop, onder die familienaam Botha. En soos hulle sê: “Die res is geskiedenis.”

Op die twyfelagtige hoogte-punt, genoeg eers van die ongetemdes en ongehudes.

McKinnon het ook fassinerende stories oor ander aspekte van die Ou Kaaps neergepen – dalk ’* bron vir verdere vermaak en edifikasie op ’* ander dag.