Drie van die bestes

Mathys Roets, Danie Niehaus en Kevin Leo

Kom geniet ’n opwindende aand saam met Drie van die Bestes, by die Drostdy Teater in Stellenbosch, op Woensdag 25 Oktober, van 6.30nm toto 10nm.

Mathys Roets, Danie Niehaus en Kevin Leo word begelei deur Matthys Maree.

Die groep vermaak ons al vir die laaste 10 jaar met hul humor en musiek.

Die doel van die geleentheid is om fondse in te samel vir die Wiele500-projek, om sodoende wiele-bene aan mense te verskaf wat weer onafhanklikheid begeer.

Die vertoning word voorafgegaan met ’n eklusiewe veiling saam met Tiny van Rensburg, wat om 7nm begin.

Mathys Roets is ook Wiele500 se Ambassaeur.

Kaartjies vir R250 kan deur die Drostdy gekoop word, by 072 072 8480, of ook deur Wiele500, by wiele500trust@gmail.com

Om meer uit te vind oor die projek, besoek www.wiele500.com