Dowwe Dolla se Ouma is op pad is einde vandeesmaand by Die Drama Factory-teater in die Strand op die planke.
Met die geliefde en komiese Margit Meyer-Rödenbeck, met Coenraad Rall op klavier en Jurgen Human vir teks, lirieke en regie kan die gehoor uitsien na ’n heerlike aand van komedie.
Dowwe Dolla se Ouma het eintlik saam met Dolla afgetree einde 2021. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? En toe besluit Ouma sy het nog ’n paar dinge om kwyt te raak.
Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld is sy ’n formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer.
Met die dat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daar is baie dinge wat sy nie Ken nie, En “takt” is een van hulle.
Gehore kan Ouma is op pad op Vrydag Augustus 16 teen 7.30nm en Saterdag Augustus 17 om 3nm by Die Drama Factory-teater in Strand sien. Kaartjies kos R200 vir pensionarisse en studente, gewone kaartjies kos R220.
Bespreek kaartjies aanly met ’n kredietkaart by www.thedramafactory.co.za or gaan na die direkte besprekingsblad by www.thedramafactory.co.za/show/16August2024
Skakel 073 215 2290 vir meer inligting.