Dit spyt my vader, maar ek sal mos sondig as ek lieg

Ek kry eergister ’* boek om te resenseer: Sketches from South African history. Ek gaan eerder nie ’* formele resensie gee nie. Besluit self of jy sou as jy in my plek was… laat ek voor begin. Reg voor.

Die ding met geskiedenisboeke is dat hulle as ’* handboek gebruik kan word. En ’* handboek is ’* gids, uit die skrywer se perspektief geskryf.

Die skrywer stel voor: “Só kan jy hierdie gebeure, soos in die boek beskryf, sien.” Hier kan ’* mens ’* geskiedenisboek met ’* roman vergelyk, want albei kan uit een of etlike oogpunt(e) vertel word. Die beste geskiedenisboeke word uit meer as een gesigspunt (politieke oortuiging) aangebied.

Dit is ook hoe die meeste gekiedenisboeke deesdae saamgestel word – dink byvoorbeeld aan prof. Hermann Giliomee en dr. Bernard Mbenqa se Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika. (2007).

Behalwe natuurlik as dit oor een onderwerp handel wat dalk spesifiek deur die skrywer nagevors is, soos prof. Albert Grundlingh se War and society (2015).

Nietemin, die doel van die moderne historikus is beswaarlik om propaganda te verkondig nie.

Indien wel, in elk geval nie ooglopend nie. Ja, elkeen het sy eie agtergrond en is daardeur beïnvloed en hy/sy mag dalk inpas by ’* spesifieke denkskool waarvan daar al vele in geskiedskrywing was, maar lesers is hopelik beter ingelig as in die dae toe Nasionaliste in Suid-Afrika en Kommuniste in die ou USSR byvoorbeeld, hulle eie lof lustig besing het, dikwels met heroïese uitbeeldings van volksplanters en dies meer.

Vandag vind ons sulke ou handboeke amuserend. En dit laat my dink dat daar twee maniere is om iets te leer – hoe om te maak en hoe om * íé te maak nie.

Dit was dus amper verfrissend om Sketches from South African history onder oë te neem.

Ek het verwag wat ek gesien het, omdat die boek deur ’* organisasie genaamd Christian Liberty Books uitgegee is, maar ek wou eers lees alvorens ek oordeel – dis immers hoe my geskiedenisdosente my geleer het.

En iets wat my joernalistiekdosente my geleer het is wat beraming (“framing”) beteken.

Dis presies wat ek hier teëgekom het: die woord “sketches” het my darem ook al daarvoor voorberei, want dit impliseer dat sekere temas belig word (en ander weggelaat word), hoewel dit oningeligtes kan laat dink dat dit al is wat hier gebeur het in sê maar 350 jaar.

Maar ons is mos nie so naïef nie, ons weet beter en daar is mos baie ander geskiedenisboeke wat oor die ontbrekende dele, die dele buite die skrywer se gekose raamwerk, beskryf.

’* Mens lees ook nie net een boek oor Suid-Afrika en dan is jy ’* kenner daarvan nie, jy ondersoek talle menings en dan vorm jy ’* veelkantige beeld, nie ’* prentjie so plat soos ’* bufferplakker nie.

Verder kan ’* mens gou sien wanneer ’* boek deur ’* opgeleide historikus of deur ’* amateur geskryf is.

Nie dat amateurs nie ook dalk vars insigte kan bring nie. Dit gaan egter oor méér as brokke inligting, soos hierdie boek inderwaarheid saamgestel is, maar uit watter hoek die betrokke gebeure geskets word, asook ’* bewustheid van wat al as korrek, al dan nie, bewys is.

Uiteraard is hierdie boek uit ’* Christelike perspektief aangepak en aangebied, en val die kolllig skerp op die voortreflikhede van Christene, maar eksklusief só.

Voorbeeld: “To Christians, Wolraad Woltemade stands out as an example of dedication to saving the lost.” En vir nie-Christene? Jan van Riebeeck word eweneens as vader van ’* nasie bestempel – nasie?

Inteendeel, nie was hy glad nie hierheen gestuur om ’* nasie te kom “plant”óf om sendingwerk te doen nie, ook is ’* nasie al die volke binne een land se grense.

As dit hier (kon) gebeur het, sou ons vandag relatief vreedsaam kon saamleef. Ook word die skildery van Van Riebeeck lankal as foutief beskou. Dis nie Van Riebeeck nie, maar ene Vermuyden-Kettingh.

Ek vermoed die skrywer het verouderde bronne (ook nie oorspronklike oftewel primêre bronne) gebruik. En reeds daar, moet ek bely, het my belangstelling die wyk geneem.

Die nut van so ’* boek is dus, terwyl daar soveel deeglik-nagevorsde boeke beskikbaar is, twyfelagtig. Soos ek dan aanvanklik vermoed het, is Sketches from South African history ’* propagandastuk vir ’* spesifieke religieuse groep.

Ongelukkig is dit so dat selfs Wikipedia meer betroubare data bevat wat met die druk van ’* knoppie bekom kan word.

Ek het empatie vir enige skrywer omdat ek weet dat skryf nie so maklik is as wat dit lyk nie, maar hierdie boek het net een nut en dis om te sien hoe geskiedenis * íé geskryf moet word nie.

En daarom, liewe leser, het ek liewer hierdie bespreking gepleeg as ’* resensie.

Sketches from South African history beslaan 200 bladsye en bevat talle illustrasies.

Die uitgewer se webadres is www.christianlibertybooks.co.za