Die ware geskiedenis van die ou Kaap…

Nou die dag * ê ek uitgestrek soos een van daai kamma-kadawers in die CSI-reekse, terwyl die terapeut my been so styf verbind dat my oë traan en my oordromme trommel.

Om my aandag af te lei sê sy: “Weet jy, ek het ’* boek gelees wat my verskriklik geskok het.” Sy begin terstond vertel van die geheime briewe wat ontdek is en die ware storie van Jan van Riebeeck onthul; oor hoe die “kuise” Maria ’* rumsuiper was en Jan en sy maters die Khoi-vroue gereeld verkrag het, hoe hulle Boesmans gejag en soos diere opgestop het… Teen daardie tyd het ek al gevoel ek word duiselig, dalk van die verbindery, dalk van die onthulling, ek weet nie.

“Maar Rika,” kreun ek, “kan ek die boek dalk by jou leen?” En toe ek weer daar kom, op een been soos Hopalong Cassidy van ouds, is die boekie daar: The secret letters of Jan van Riebeeck, uitgegee deur Penguin in 1992. Een kyk, en ek hoor my bullshit-verklikker afgaan soos ’* lugafweer-sirene.

Die formaat is onindrukwek-kend vir so ’* belangrike boek, en hoekom ’* swakkerige spotprent-tipe tekening op die voorblad?

Boonop ’* afbeelding van die man wat voorheen verkeerdelik as Van Riebeeck aangesien is – het die uitgewers dit nie geweet nie? Ook het ek nog nooit van die boek gehoor nie – al uitgegee in 1992?

Is die datum van belang, * á Madiba reeds vrygelaat is (November 1990) en ’* regime-oorgang onafwendbaar was? Iets aan die boek lyk vir my soos politieke aktivisme. Ek kyk dadelik op die agterblad. Geen aanduiding dat dit ’* gekskeerdery is nie. Ek lees die voorwoord en die skrywers-nota – steeds lyk alles baie ernstig.

Voorin word beweer dat die geheime briewe van Van Riebeeck aan ’* familielid, ene Hendrick Wessel van Lynhogg, met ’* ompad by die South African Van Riebeeck Letters Trust uitgekom het. Ek het nog nooit van so ’* instansie gehoor nie. Die briewe het glo volgens die 340-Jaar Regulasie by die skrywer beland en mag nou openbaar gemaak word.

Nooit van so ’* regulasie gehoor nie… Die skrywer sê: “In translating and editing the letters of Jan van Riebeeck my task has been a delightful and a simple one: to select material of the greatest interest, not only to represent the true character of the writer, but to bring forward from history a fascinating glimpse of South Africa’s parturition.”

Hy gaan voort om te verklaar: “The task had been filled with joy.”

Die skrywer sê hy was verbaas dat die mense van daardie tyd dikwels dieselfde vrese en onsekerhede as ons gehad het.

“We have come a long way since 1652, and yet we have come no way at all.” Daarmee stem ek heelhartig saam – soos die Franse mos sê, hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde.

Absoluut waar. Mense bly mense, al is daar belangrike perspektief verskille en wisselende tydgees-invloede. Maar, soos ek egter aanlees, begin dinge darem te bekend klink.

Die skrywer se die sogenaamde Berglopers (nie Strandlopers) was lui, dief-agtig en lief vir drank – dit word natuurlik so gestel asof Van Riebeeck die rassis is – en hy maak allerhande voorspellings wat nou reeds waar geword het: baie duidelik geskryf deur iemand wat nie in die 17de eeu kó* geleef het nie. Een van sy profetiese stellings (en nogal onderteken met “Van”, wat geen Nederlander sou doen nie) is dat wittes nie sal kan oorleef nie: “We will ever be able to become dishonest enough […]” en nie kan onderhandel met swartes nie: “You can’t negotiate when you are outnumbered twenty to one.”

Ook die naamgewing klink verdag – ’* boesemvriend van Van Riebeeck se naam is Cheese Blaautjop – iets soos ’* Hollandse bloukaas, klink dit, en al is die Hollanders berug vir vreemde name, en ja die eerste tuinier se naam was wel heel ironies-gepas Hendrik Boom, weet ek darem nie van Naas Hoennerfokker nie, en ek glo ook nie Afrikaans was geskep omdat Hollands te moeilik is vir die inheemse mense om te leer nie.

Op hierdie stadium besluit ek Wikipedia het mos darem ook bestaansreg en tik die skrywer se naam in op Google: “Robert Kirby.” En daar is dit: hy was onder andere ’* satirikus. Maar nooit ’* historikus nie. Hy het glo met die ou NP se agente gebots en later ook met die ANC.

Dit verklaar hoekom hy skryf: “Hottentot Harry said to me once, Baas Jan, we just can’t seem to teach you how to do it. There is such a lot of fun in swindling. Espescially when you are busy crooking your own regime.”

Seker die lagwekkendste leidraad oor die fiksionaliteit van die boek is toe Kirby skryf dat Van Riebeeck ’* wegkruipplek gesoek het om van Maria weg te kom – toe stig hy sy “hideout” – Bellville.

Maar Bellville is baie lank * á Van Riebeeck, wat net 10 jaar hier gebly het, gestig en is in 1861 eers vernoem na Charles Bell, wat in 1813 gebore is, en ironies, die bekende skildery van Van Riebeeck se landing geskep het.

Ieder geval, die boekie van 127 bladsye is deurspek met koddige en soms lasterlike aanmerkings en vir my is die beste van alles dat onder Jan van Riebeeck op Wikipedia, net drie bronne oor “Onse Van” genoem word – en een is hierdie boekie.

The Secret Letters of Jan van Riebeeck is wat my betref, vermaaklik, maar ook ’* goeie voorbeeld van hoekom ’* skrywer tog duidelik moet aandui dat hy duimsuig en nie toelaat dat feite ’* goeie storie bederf nie. My terapeut het na dese darem ’* sug van verligting geslaak… sy was bra bekommerd Malema kry dié boek in die hande.