Die moeite werd

A plastic bottle, similar to the one the writer refers to.

Hennie Gerber, Paarl

Dit is die moeite werd om die kliëntediens telefoonnommer op die tweeliter bottel van ‘n bekende koeldrank maatskappy te skakel, soos ek gedoen het, deur aan te meld dat die plastiek bottel nie kan regop staan nie.

Die vrouepersoon het my besonderhede geneem en dit deurgegee na ’n verbruikersverteenwoordiger wat my op Dinsdag 2 Februarie tuis besoek het en aan my genoem het dat die bottel warm geword het en dit is waarom hy nie kan staan nie.

Vir my klagte aangemeld het ek vier liter koeldrank ontvang, so ek het meer terug gekry was wat ek ingesit het. Dit is die moeite werd om ’n klagte te rapporteer, want die maatskappy se naam is vir hulle belangrik.

Graag wil ek die maatskappy

’n groot dankie as volg gee:

Dit is altyd ‘n voorreg om na mekaar te kan uitreik, lief en leed te deel, maar ook te weet, die wat vrylik gee, sal mildelik ontvang. Party mense het net die slag om sonskyn te bring met wat hul doen. Baie dankie vir alles. Dit word baie waardeer.