Die domino’s van herinneringe val een op ’* slag

Op Facebook, en soos gewoonlik twee dae later ook in die hoofstroomkoerante, is daar ’* groot bohaai oor rassistiese optredes van ’* man met ’* Rhodes beurs (en van betraande /nie betraande, beledigde/nie beledigde – hang af vir wie jy vra – maar wel gelukkige kelnerin wat glo R120 000 in skenkings ontvang het).

Wat my laat dink het aan Rhodesië. Wat my laat dink het aan ’* artikel van 1966 in ’* sekere Afrikaanse koerant oor Rhodesië en die U.D.I. (Unilateral Declaration of Indepencence).

En wat my laat dink het aan ’* spotprent in ’* boek oor spotprente, oor Dr. HF Verwoerd – wat by ’* petroldrom staan en ’* sigaret aansteek, terwyl Harold Wilson, Engelse premier, verskrik toekyk.

Die prent, geskep deur die bekende spotprenttekenaar Abe Berry (1911-1992) verwys na Verwoerd se ondersteuning van Ian Smith se regering, wat nadat hulle Brittanje die rug gekeer het en hulself onafhanklik verklaar het, geboikot is en gesukkel het om brandstofvoorrade te kry.

Suid-Afrika, wat self toe weens apartheid op die koue vlakte van politieke isolasie gestaan het, het Rhodesie bygestaan, in elk geval terwyl Verwoerd premier was.

’* Paar maande later is Verwoerd vermoor en spoedig het John Vorster aan buitelandse druk toegegee en Rhodesië verloë* .

So, aan watter boek dink ek? In 2012 het Prof. Peter Vale (Universiteit van Johannesburg) se Keep- ing a sharp eye, a century if cartoons on South Africa’s international relations, 1910-2010, verskyn.

Hoewel die perspektief van enige boek uiteraard dié van die skrywer is, en hierdie boek duidelik subjektief is wat die keuse van spotprente en spotprenttekenaars betref – bied dit nogtans ’* belangrike bydrae tot die vollediger uitbeelding van ons onstuimige geskiedenis.

Prof. Vale skryf: “International relations are no laughing matter: however, as the cartoons in this book show, both the horrors of war and the pleasures of peace have been the target of the cartoonist’s craft. This is because cartoonists often provide the most telling insight into issues that the rest of us find difficult, if not impossible, to comment on. In times of severe repression, the cartoonist’s sly metaphor might be the only possible public statement.”

En dit herinner my weer aan waarskynlik die beste spotprenttekenaar wat Suid-Afrika sover opgelewer het – Jonathan Brian Shapiro, alombekend as Zapiro.

Veral aan ’* spotprent deur hom (uit 2008) wat ook in hierdie boek opgeneem is, en nou weer relevant is. Hoe so?

Wel, laat ons nog ’* slag na die koerante van die dag – ons dag – kyk. ’* Sekere oud-staatspresident is weer in die koerante, een wat deur die huidige een uitgedruk is en wat nou gal spuug oor hoe hy nie waardeer is nie, hoe hy steeds die antwoord op elke politieke vraag-stuk het en hoe sy opvolger dinge hier opgeneuk het.

Ja, inderdaad, op bladsy 119 staan hy agter sy ou vriend Robert Mugabe, terwyl laasgenoemde se teenstander Morgan Tsvangirai erg beseer en beswaard weghobbel.

Kyk ’* mens na hierdie spotprent, sien jy hoe min in amper ’* dekade verander het.

Tipies van spotprente; hulle bring soveel herinneringe terug, selfs van sake waarvan ons maar min weet – eintlik weet ons maar net wat in die media verkondig word, insluitend die spotprente van destyds. Inderdaad.

Prof. Vale skryf: “International relations are what a government does when nobody’s looking.”

Tog, sê hy, kom Suid-Afrika se internasionale betrekkinge al meer onder die publieke oog. Uiteraard sal dit net so bly indien daar nog mediavryheid is, want dié vryheid, sê die slim mense, is die een wat alle ander vryhede waarborg – as die waghonde van demokrasie weg is, is die kat baas, nie die muis nie.

Eenvoudig gestel: die muis sien sy alie. Siende dat die regerende party nie al te beïndruk is met die Grondwet nie, is hierdie geloof in die sogenaamde Vyfde Stand (media) dus belangrik om die vlam van hoop te laat aanhou brand. Om mee af te sluit, waarop is internasionale verhoudinge so belangrik?

Wel, in ’* tyd wat ons nie meer geboikot word nie, gaan dit glad nie goed met ons ekonomie nie. Globale invloede speel hulle rol, faktore waaroor ons geen beheer het nie.

Maar wat binne ons grense aangaan bepaal hoe die wêreld ons sien. Soos ook wat die Internasionale Monetêre Fonds van ons kredietstatus mag dink.

Wat hulle dink, beïnvloed elke huishouding. Rentekoerse, voedsel- en brandstofpryse, en so aan.

O nee, Afrika is lankal nie meer die Donker Kontinent nie, en geen nasie is onafhanklik van die res van die wêreld nie.

En daarom is internasionale betrekkinge, direk of indirek steeds relevant. So ook spotprente, of papierkoerante nog met ons is, al dan nie. Spotprente het as los pamflette begin, en sal net so goed werk op die internet as op papier.