Onlangse uitslae van die 2021 munisipale verkiesing dui aan dat die DA top posisie as regerende party in diƩ munisipaliteit behou.
Volgens verkiesingsuitslae data op die webwerf van die Onafhanklike Verkiesings Kommissie (OVK), het die DA vanjaar 62.01% stemme in Stellenbosch gekry, deurdat ān aantal 79 524 kiesers ten gunste van diĆ© regerende party hul kruisies getrek het.
Die tweede beste presterende party is die ANC met 16.50%, met ān aantal 21 160 kieserstemme en in die derde plek is die nuweling die Good party, wat vanjaar die EFF uit hulle 2016 derde-plek posisie geskop het, met ān stempersentasie van 6.29%, nadat 8 063 kiesers vir die party gestem het.
Nog ān verandering in die top-5 partye is die EFF se daling in stemme. Die party het afgeskuif na vierde posisie op die telbord, met 4.22% stemme, gevolg deur die ACDP in vyfde plek met 2.46% kiesersondersteuning.
Met behou van sy setel, sal die DA in 28 stoele op die munisipale raad dien, die ANC het 8 stoele op die raad gewen en Good se derde posisie besorg aan hulle 3 stoele op die Stellenbosch-munisipale raad.
Die DA is weereens aan bewind van Wyk 1 (die grootste wyk in Stellenbosch) met ān kieserspersentasie van 65.12%. Die ANC het in hierdie wyk met 20.53% tweede plek behaal en in die derde plek is die nuut gestigde Good-party wat 2.5% wykstemme in hierdie wyk behaal het.
Die ANC het beheer behou oor vier van die party se voormalige 2016, beheerde wyke. Wyk 12 het met 52.56% van hul stemme verseker die ANC bly in beheer, terwyl Wyk 13 met 62.96% ANC stemme gewen het, Wyk 14 het 59.19% van die kiesers stemme gewen en in Wyk 15 het 62.66% kiesersondersteuning aan die ANC gegaan.
Vanjaar se kiesersgetalle in diĆ© munisipaliteit ā 94 540 ā is met 40 283 stemme meer as in die 2016-munisipale verkiesing.
Vanjaar se politieke party met die laagste stemme in die munisipaliteit is die Pan African Congress of Azania (PAC) met ān aantal 0.41% stemme.
Vir ān meer noukeurige kyk na die uitslae van vanjaar se munisipale verkiesings, besoek gerus, www.elections.org.za