Hennie Gerber, Paarl
Hoe berei ‘n mens jou voor vir die groot lekker van die komende Curriebeker-finaal Saterdag 27 Oktober? Jy luister na ‘* ou opname van wyle Gerhard “Spiekeries” Viviers se Rugby kommentaar.
Vanuit die Paarl Spiekeries Ateljee sê ek hello aan die twee wat Saterdag teen mekaar speel. Uit die klankargief neem ek julle ook met “’n SAUK opname” terug na die eindstryd om die Curriebeker Saterdag 27 September 1975, die Vrystaat Stadion Bloemfontein, Noord Transvaal loop 6/0 voor teen die Vrystaat, die laaste spannende oomblikke van die eindstryd om die goue beker vir vyf minute 50 sekondes. In ‘n onderhoud, waar Willem Engelbrecht op die destydse Afrikaanse Radiodiens (vandag RSG) met Mnr Viviers gevoer het nadat hy as bestuurder van sport getree het, het Mnr Viviers gesê: “Dis heerlik om daar te sit.”
“Dis die einde van die wedstryd. Noord-Transvaal behou die Curriebeker. Hulle klop vir Vrystaat in beseringstyd waar hulle ses elk was, met 12 punte teenoor ses, ‘n drie hier in die laaste oomblikke deur Pierre Spies, wat dan vervyf is deur Keith Thoresson.”
Die opname is vasgelê op langspeelplaat PBU2, kant vier, letter E uit 25 jaar van Suid-Afrikaanse sporthoogtepunte 1950-1975 en later ‘n verkorte weergawe daarvan op ‘n dubbel CD [Herleef die oomblike Suid Afrikaanse Sporthoogtepunte], SABC 100 jaar CD1, punt nommer 26. ‘n produk van die SAUK Mediateek, 1999.
In die boek [SPORTPOURRI Ervarings van ‘n joernalis] van Herman le Roux, sien ek op bladsy 164 die volgende: Sal ‘n koerant weer dieselfde Saterdag 27 Oktober kan doen?
En soos wyle Gerhard Viviers sy brief aan my afgesluit het met die woorde: “Geniet jou rugby.” wil ek ook sê: “Geniet julle rugby”. Die vraag wat ek vra is: “Wie gaan vanjaar die Curriebeker kry?”