Country musiek in die Helderberg

Helderberg Blommeklub het ‘n wonderlike “vernoot” deur dat hulle Tommy Dell, welbekende radio persoonlikheid en country sanger, ‘n ere lid van Helderberg Blommeklub gemaak het. Op Sondag 4 Desember is dit weer-eens bewys dat die groep ‘n goeie vertoning saam kan aanbied. Mense het van oor die Wes-Kaap gekom om die 3 Kings and a Queen van country musiek te kom sien en na te luister. Lance James, Barbara Ray, Matt Hurter en Tommy Dell het die gehoor keer op keer op hulle voete gehad met van hulle bekende liedere. Helderberg Blommeklub het die dekor gedoen en heerlike verversings verkoop. Rig enige navraag oor die Helderberg Blommeklub aan die voorsitter, Jannie du Toit by 072 473 2420.

Agter met wit hoed is Tommy Dell, langs hom is die langste country sanger, Matt Hurter, Voor staan Barbara Ray en Lance James.