Chill by Drostdy Teater

Chill, met Jaconell Mouton en vriende (met Coenie de Villiers, Clinton Viljoen, Mauritz Lotz, Denny Lalouette en Rob Watson), is by die Drostdy Teater, Stellenbosch, op Saterdag Desember 17, om 8.15nm. Die titel van die vertoning beskryf presies wat jy te wagte kan wees: Sit agteroor, maak toe jou oë en laat toe dat die musiek jou op ’n verbeeldingsvlug neem wat jou gaan laat vergeet van als en almal om jou. Behalwe pragtige oorspronklik materiaal, sal jy ook persoonlike gunstelinge hoor deur onder andere David Foster, Peter Gabriel, Jonathan Butler, Dave Grusin en vele meer. Jaconell, bô (sang, klavier en saksofoon) word bygestaan deur ‘n uitstekende orkes wat bestaan uit Mauritz Lotz op kitaar, Denny Lalouette op baskitaar, Rob Watson op dromme en Coenie de Villiers en Clinton Viljoen as spesiale gaste. Kaartjies kos R150 en kan bespreek word by die teater by 087 943 2459 of info@drostdyteater.co.za