Chenin hou blink kant bo

cn rh 2018 Chenin Blanc Top 10 Challenge judges.jpg PICTURE: DANIE NEL

Die uitslag van die wenners van die Standard Bank Chenin Blanc Top 10 Challenge waaronder vyf nuwelinge en vyf vorige wenners, staan in die teken van die ongekende optimisme oor hierdie variëteit, sê Ken Forrester, voorsitter van die chenin blanc-vereniging. Die paneel van beoordelaars was, van links, Tinashe Nyamudoka, James Pietersen, Richard Kershaw MW, Cathy van Zyl MW (voorsitter), Simon Field MW en Spencer Fondaumiere (assosiaat-beoordelaar) en hulle moes die wenners uit 159 inskrywings uitkies. Die bekroonde wyne, in alfabetiese volgorde, is Cederberg Private Cellar Five Generations Chenin Blanc 2016, DeMorgenzon Reserve Chenin Blanc 2017, Jean Daneel Wines Signature Chenin Blanc 2016 (debuut), Leopard’s Leap Culinaria Chenin Blanc 2016, Mulderbosch Vineyards Chenin Blanc Steen op Hout 2017 (debuut), Slanghoek Wynkelder Legends Barrel Fermented Chenin Blanc 2016 (debuut), Spier Wines 21 Gables Chenin Blanc 2017, Stellenrust ‘53’ Barrel Fermented Chenin 2017, Wellington Wines La Cave Chenin Blanc 2016 (debuut), en Wildekrans Barrel Select Chenin Blanc Reserve 2017 (debuut).