Canticum Novum, in 1959 gestig deur Chris Swanepoel, is een van die oudste kore in Suid-Afrika en vier vanjaar hulle 60ste bestaansjaar.
Hulle is die enigste koor in Suid-Afrika wat hoofsaaklik gewyde musiek sing en terselfdertyd oorwegend uit studente en jong werkendes bestaan.
Die aktiwiteite van die koor is die voortsetting van ’* vaste koortradisie wat etlike dekades gelede op Stellenbosch begin het. Pieter van der Westhuizen, nou ’* inwoner van die Strand, volg in 1965 Mnr Swanepoel as koorleier op. Mnr Van der Westhuizen is ’* bekende naam in musikale sirkels en het diep spore in Suid-Afrika se kerkmusiektradisie getrap. Hy is ook ’* komponis, met sy koorwerke wat nog gereeld opgevoer word. Hy beklee die posisie van Canticum dirigent vir 25 jaar, waarna Anton Els (1995) en Louis van der Watt (1996) die koordirigentspos vul.
Die huidige dirigent, Yolanda Botha, wat die leisels oorgeneem het einde 2018, is ’* voormalige koorlid. Sy is ook orrelis van NG Helderberg in Somerset-Wes en stigter van die konsertreeks Klassieke Klanke.
“Ek voel geëerd om deel te wees van hierdie wonderlike koortradisie en glo die koor sal sy leuse: Cantate Domino Canticum Novum (sing tot die Here ’* nuwe lied) vir nog ’* verdere 60 jaar en meer kan uitleef.”
Deur die jare het die koor baie suksesse behaal en – ook weens die studentesamestelling daarvan – ’* besondere en beminde karakter verkry. Verbonde aan die NG Moederkerk Stellenbosch, tree die koor gereeld daar, asook by ander geleenthede in die Wes-Kaap, op.
Voormalige lede is aangeraai om kontak te maak en is uitgenooi om die reunie in Oktober vanjaar – wat ’* koor en orkes optrede gaan insluit – by te woon. Verder is alle belangstellende sangers wat wil deel raak van hierdie ryk tradisie hartlik welkom om die bestuur te kontak om ’* oudisie te reë* .
Vir verdere inligting kontak
canticumnovumstb@gmail.com of 079 157 8247.