Bloemhof-leerling oppad na SA Kampioenskappe

Bloemhof-leerling en Twee-en Driekamp kampioen, Simone van der Merwe is slaggereed om deel te neem aan die SA Kampioenskappe volgende maand op Saterdag September 23 en Sondag September 24. Die graad nege leerling, het vroeër vandeesmaand vir die kampioenskappe gekwalifiseer toe sy aan die Wes-Kaap se Tweekamp/Driekamp kampioenskappe deelgeneem het en hier twee goue medaljes, hierbo te sien, in die onder-17-kategorie ingepalm het.
Simone van der Merwe, meervoudige Wêreldkampioenskap medaljewenner (2018, 2021, 2022) kan hier gesien word tydens een van die Wes-Kaap se Twee-en Driekamp items, die laserskiet-item.