Behulpsame Samaritane

P and E Liebenberg, Somerset-Wes

Nadat ek en my man Maandag vroegaand probleme met ons motor se battery gehad het op Sir Lowry’s pad net na die Engen garage (op die hoek van Schapenberg en Sir Lowry’s pad) en ons die motor aan die gang probeer stoot het, het ’n bakkie by ons stilgehou.

Twee baie behulpsame Samaritane by name Gerald en Charmaine het ons battery eers help laai en toe eers seker gemaak dat ons kan weg ry.

Ons is so dankbaar om te kan getuig van sulke goeie mense in ons deurmekaar wêreld. Gerald en Charmaine, ons hoop julle sien hierdie briefie van waardering.