Baie dankie

Louis Robinson, Helderberg

Ek wil dank betuig aan die SAPD, en spesifiek twee beamptes in ’n SAPD bakkie, wat op 26 September, om 8.30nm in Gordonsbaaiweg in die Strand se rigting gery het.

Ons het ’n noodgeval gehad, en moes so vining as moontlik by Vergelegen Hospitaal se ongevalle uitkom.

Nadat my vrou reeds oor ‘* rooi lig gery het, het ons by die volgende lig langs die SAPD bakkie gestop.

Nadat aan hulle verduidelik is dat ons baie haastig is, het hulle gesê “volg ons” en die verkeer by al die rooi ligte geblok.

Die tyd wat ons gespaar het was werklik die moeite werd. Nogmaals dankie.