Atletiekpret by Paul Roos

Paul Roos Gimnasium kon onlangs na 2 jaar, weereens hulle jaarlikse interhuis-byeenkoms hervat. Hierdie gewilde byeenkoms is op Vrydag 21 Januarie, by die Markötter Sportgronde gehou. Die vier interhuis spanne, Neethling, Murray, Braid en Hofmeyr het om die wentitels meegeding. Murray het egter as oorwinnaars geheers en beide Atletiek en Geesbeker verower. Op die foto hierbo, kan gesien word hoe Murray-dirigente hul atlete op die dag aangemoedig het.
Rektor André van Staden, oorhandig hier een van die trofee aan Murray-huiskaptein en leerling, Sian Maart. Ander atletiek prestasies van die dag was die van Zak Hickman, in die onder-15 kategorie, wat as die Junior Victor Ludorum aangewys is, vir die behaal van 902 punte vir hamergooi, 767 punte vir gewigstoot en 582 punte vir spiesgooi. Joshua Acker, in die onder-17 kategorie, was gekroon as die Senior Victor Ludorum, met die aantekening van ’n merkwaardige 934 punte met gewigstoot en 783 punte vir diskusgooi.
Die Murray-dirigente het met oorgawe gesing en hul atlete gemotiveer deur die gees hoog te hou. Hulle word hier deur rektor André van Staden, gelukgewens met die wen van die Geesbeker.