Atlete presteer

■ Vier atlete van Hoërskool Strand het onlangs by die Bredasdorp Top 10-byeenkoms gepresteer, waar hulle teen 77 spanne megeding het. Van links is Christopher Smit, hamergooi onder-14, eerste plek; Bianca van Deventer, spiesgooi onder-17, eerste plek; Adriaan Kennedy, 400m hekkies seuns 17, derde plek; en Marli Botha, hamergooi dogters 15, eerste plek.