At home with Tommy Dell

Die Helderberg Blommeklub het Manie Jackson, regs, en Tommy Dell genooi om op ‘n paslike manier dankie te sê aan al die dames in die Helderberg en omgewing. Die vertoning is by die NG Kerk Suid, op die hoek van Alex Pienaar en Gordonsbaaiweg, Strand op Sondagmiddag 28 Augustus. Kaartjies is R80 per persoon, en die deure open om 2nm. Die blommeklub sal verversings verkoop, en om 3nm sal die vertoning begin. Manie Jackson het so pas ‘n nuwe CD bekend gestel, In Duet met Legendes . Die CD sal ook by die konsert verkoop word, terwyl Tommy Dell twee gewilde CD’s gaan verkoop, en sy DVD At home with Tommy Dell. Kaartjies is by die NG Kerk Suider strand te koop, en vir enige navraag kan Jannie du Toit by 072 47 32 420 gekontak word.