Astrobaan vir skool

Die Helderberg het Saterdag 25 Februarie nog ‘n astrobaan ryker geword met die amptelike opening van Hoërskool Strand se nuwe astrobaan. Deel van die feesvieringe was onder andere wedstryde tussen Maties en Somerset-Wes Hokkie Klub se mans en vroue hokkiespanne.

Die oudskolierespan het Strand se Eerste Meisiespan met 2-1 geklop. Die seuns eerstespan het egter die bordjies weer verhang en afgereken met die oudskoliere 2-0 te klop. Summies se vrouespan het die span van Stellenbosch 2-1 gewen, terwyl Maties se mansspan vir Somerset-Wes 3-0 kaf gedraf het.

Op die foto verskyn die skoolhoof, Danie Malan, waar hy die lintknipseremonie waargeneem het met die opening van die astrobaan.