Parel Vallei het aangekondig dat twee nuwe top netbalafrigters aangestel is;Charlotte Schoeman het onlangs verhuis van Pretoria waar sy skoolgehou het en netbal afgerig het by die Afrikaanse Hoër Meisieskool, en met haar kennis van lewensoriëntering, aardrykskunde, skeppende kunste en netbal is sy ‘n groot aanwins vir die skool. Met die tweede aanstelling is Shanaaz Macauley, ‘n SA “A”-gegradeerde netbalskeidsregter, is hulle gereed om Parel Vallei-netbal net nog sterker te laat groei onder leiding van Alida Duvenhage, die hoof van netbal by PV, ook ‘n SA “A”-gegradeerde netbalskeidsregter. Hierdie drie afrigters is die afgelope week alreeds genader om as skeidsregters op te tree by die Protea netbalproewe wat by die Universiteit van Stellenbosch plaasgevind het.