■ Hoërskool Strand en die Burgerskool Roeselare in België is die jar vir 16 jaar aan ‘n uitruilskema verbind. ’n Groep leerders het verlede jaar in België gekuier en nou is dit die Arende se beurt om hul nuwe vriende te ontvang en te onthaal. Verlede week het die leerders uit België gearriveer vir ‘n vol gepakte program met baie avontuur en reis. Onderwyser Lynette Wolff praat altyd van ‘’payback’’; wat eintlik beteken dat die Arende op hul manier vir die Belge wil dankie sê vir die geleentheid wat hulle vir die Arende gegee het om hul pragtige land verlede jaar tydens hulle besoek daar vir hulle te kon wys. “Ons ontmoet as vreemdelinge en gaan as vriende uitmekaar,” se Juffrou Wolff.