Agri Wes-Kaap het ‘n bedrag van R10 000 aan die Vroue Landbou Vereneging (VLV) Wellington se boks vir ‘n boervrou-projek geskenk om met die verspreidingskoste van die bokse te help. Die skenking is uit Agri Wes-Kaap se droogtehulpfonds gemaak. Jannie Strydom, bestuurs-hoof van Agri Wes-Kaap, sê dit is ‘n voorreg om die projek te ondersteun. Hy sê Agri Wes-Kaap stap al vir vyf jaar die droogtepad saam met produsente en weet hoe moeilik dit vir die vroue op plase is om sterk te bly in ‘n tyd wat dit baie swaar met baie landbouers in die provinsie gaan. Strydom het die VLV Wellington vir die inisiatief bedank en dat hulle na vroue in die droogtegebiede uitreik.