Adam Small-fees bring hulde aan welbekende digter

Die vyfde weergawe van die Adam Small-fees was verlede maand op Saterdag Februarie 26, in Pniël in die teetuin van die Pniël Museum gehou. Die fees, aangebied deur die Pniël Erfenis-en Kultuurtrust, met Professor Darryl David, as programleier, is bygewoon deur vele bekende, sowel as opkomende digters en skrywers. Die fees, word elke jaar tydens die laaste naweek van Februarie aangebied. Op die foto hierbo, spreek welbekende digter Dr. Diana Ferrus, wat die fees met 2 groepe van haar skryfskole bygewoon het, die gehoor toe.

Links, is Dr. Mvula Yoyo, direksielid van die SBA, en Athina Jansen, regs, radio-omroeper, wat ook deel van die feesprogram uitgemaak het. Dr Yoyo het ’n lesing aan feesgangers aangebied en me. Jansen het ’n paar verse uit van Adam Small se gedigte voorgedra.
Links, is Lyntjie Jaars, storieverteller en TV bekende, met Julian Jansen, bekende joernalis in gesprek tydens die Ommietafel-gesprek, wat deur die ATKV, Vriende van Afrikaans en Afrikaans.com, gekoördineer was.