Dr Dawie Kriel, Helderberg
Ek gaan swem gereeld in die see by die Strand. Omdat ek met my motor soontoe moet ry maak ek gebruik van die ablusiegeriewe om my swemklere aan te trek en, nadat ek gewem het, weer gewone klere aan te trek.
Daar is slegs een stort wat werk en mens moet in een van die toilette verklee. By ander strande waar ek al geswem het is die ablusiegeriewe baie beter.
Met die komende Desembervakansie gaan daar baie mense op die Strand se strande wees en die ablusiegeriewe is onvoldoende vir so baie mense.
Die munisipaliteit of verantwoordelike owerheid behoort iets te doen om die ablusiegeriewe te verbeter.