Aan die bopunt van die akademiese toring

Yesol Jeong, Claire Chase en Linda van der Merwe.

Baie geluk aan Yesol Jeong, Claire Chase, by Parel Vallei Skool, waar dié twee leerders hul finale Graad 11 gevorderde program (AP) eksamen, deur die Parel Vallei Advanced Education Trust met vlieënde vaandels geslaag het.

Yesol het ‘n volle 100% vir wiskunde behaal, en Claire het 88% vir Engels behaal.

Die trust het aan elkeen van die leerders ’n prys toegeken as erkenning vir hul harde werk.

Die Parel Vallei Advanced Education Trust is in 2006 formeel gestig om gevorderde opvoedkundige geleenthede te skep om leerders in staat te stel om akademies buite die grense van ’n nasionale kurrikulum te ontwikkel.

Previous articleHeaven-sent
Next articleAll hands on deck
SHARE