Vir die afgelope 17 jaar vermaak Pierre van Pletzen daagliks kykers as die geliefde karakter “Oubaas” in die sepie 7de Laan. Nou is hy vir die eerste keer in sy 46 jaar lange loopbaan alleen op die verhoog te sien in sy Eenmanklug: Voël innie Hand.
Hy is vandag, Woensdag 14 December, en môre, Donderdag 15 December, by die Drostdy Teater, Stellenbosch, om 8.15nm.
As gehore verwag dat hulle “Oubaas” op die verhoog gaan sien maak hulle ‘n groot fout en ontneem hulself die geleentheid om die akteur op sy stukke te sien op sy geliefde speelveld: die verhoog. Pierre som sy solostuk as volg op: “‘n Ge-oliede ou akteur loop op die verhoog en begin speel aan die openingstoneel van die klug wat hy en ander akteurs opvoer. Dinge gaan goed tot hy skielik besef…hy’s alleen, daar is nie ander spelers nie! Hy besluit dat hy die vertoning nogtans gaan doen, op sy eie. Aanvanklik hanteer hy alles heel goed, maar soos die snaakse situasies van die oorspronklike toneelstuk, en die spanning om alles alléé* te doen, op hom inwerk, begin hy al hoe meer drink… Bespreek by 087 943 2459 of
info@drostdyteater.co.za