Die wenner van die 2016 Universiteit Stellenbosch KuKo Toneelfees, Breaking Silence, maak Dinsdag 26 Julie weer ’* buiging by die Drostdy-teater.
Dié produksie, aangebied deur die koshuis Metanoia, het in April meer as 25 ander produksies uitgestof vir die kans om ’* langer weergawe van hul 20-minuut produksie aan te bied.
Skrywer Wesley van Emmenes, ’* nagraadse LLB-student, het ook die geleentheid gekry om saam met Louie de Necker, bekende in drama kringe en deeltydse dosent aan die Universiteit Stellenbosch, te werk om die teks verder te ontwikkel.
Breaking Silence maak gebruik van fisiese teater om die impak van verkragtig op die samelewing te illustreer en het ’* ouderdombesperking van 18-jaar.
Die vertoning begin om 8.15nm, en kaartjies kos R50.
Bespreek by info@drostdyteater.co. za of 087 943 2459.