Twee by Bordienhuis in Boland

Op Saterdag 18 Junie, om 8nm, is Twee by die Bordienghuis in Wellington, met Herman Kleinhans en Maria Rademan. Die wenners van die 2015 Afri-visiekompetisie maak orals opslae. Kaartjies kos R70.

Op Woensdag 22 Junie, om 8nm, is dit die beurt van Chris Chameleon, met sy nuwe solo-album Firmament, met 12 splinternuwe liedjies – en die verhale daaragter word gekruie met sy gevoelige spitsvondigheid en eerlike vertolkings om gehore te lei na ’* wêreld van droom, wonder en lag. Kaartjies kos R125.

Op Saterdag 25 Junie, om 2nm, kom sluit * á die kunsopening van André du Toit en JP Meyer in die galery by hulle saam met Lucy Kruger, Andre Leo en Werner Von Waltsleben in die teater.

Lucy se debuutalbum, Cut those Strings, is in 2013 vrygestel en sedertdien toer sy deur die land en tree op saam met verskeie kunstenaars. Sy neem ook ’* EP op saam met The Lost Boys, waarmee sy haarself vestig in die genre van psychedelic folk.

Haar droomagtige lirieke en meesleurende stem skep net die regte atmosfeer vir ’* lui Saterdagmiddag. Kaartjies kos R50.

Bespreek by 021 873 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za Vir vertonings wat om 8nm begin, is die deure vanaf 6nm oop. Kom kuier saam en probeer hulle pizza’s, en ’* kontantkroeg is beskikbaar.