Die Tuin van Digters-fees vind plaas op Vrydag 14 September en Saterdag 15 September in Wellington, by die Breytenbach-sentrum, die tuiste van die Afrikaanse digkuns. Die jaar se tema is buitedieboek.
Klem word in die program gelĂȘ op vertaling uit Afrikaans na ander tale en hoe buite die boek, en buite die boks, gedink sowel as gedoen kan en moet word om Afrikaanse gedigte aan ander taalgroepe, spesifiek Engels- en Xhosa-sprekendes – die Wes-Kaap se twee ander ampstale – en ook ander tale bekend te stel.
Kaartjies is R300 per persoon vir albei dae, R120 per persoon net vir Vrydag, R220 per persoon net vir Saterdag, R60 per dag per student, en gratis vir opbetaalde lede van PEN Afrikaans.
Bespreek by Jeanne-Marie Gerber by besprekings@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786 of 073 435 1022.