Suid Afrikaanse skouspel

Sibanye, ‘* trots-Suid-Afrikaanse musiekgroep van Kaapstad, oorbrug opnuut grense met hul oorspronklike en ikonies-eg-Suid-Afrikaanse repertoire, en kom hou konsert met ‘* Kaap tot Kongo kinkel in die Eikestad, by die Drostdy Teater, op Saterdag 4 Junie, om 8.15nm. Die Mzansi-Skouspel is ‘* musiekproduksie wat die legkaart bou van ons almal se saamwees. Met onder andere Leon Albert Oosthuizen, Ntuthu Nyiki en Moenier Adams. Bespreek by 071 931 9954.