Ek staan onder die aand se sterre. Vrede vind ek in die stille nag. Dit is waar ek vir jou wag…
Só sing die gewilde sanger, liedjieskrywer en gebore Namibiër Riana Nel, wat op Saterdag 3 Februarie by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl gaan optree, ten bate van die “Laat ons Lees!” geletterheidsprojek.
Haar albums Oopmond, The Cure, Someone with Skin, Collection Set, Die Moeite Werd, Die Regte Tyd en Jy Sal Weet het al talle pryse verower en multi-platinum verkope bereik.
Die vertoning begin om 8nm in die Tuinteater – ’* kleinboetie van die bekende Paarl Amfiteater – op die grasperk aan die voet van die monument.
Besoekers is welkom om vooraf die beeldskone omgewing via wandelpaaie te verken terwyl die kinders hulself in die speelparkie vermaak.
Neem jou eie drankies (geen glas) en piekniekmandjie of bestel een by die Volksmond Koffiewinkel op 021 863 2800.
Koffie, ligte verversings, wyn en bier sal ook te koop wees.
Kaartjies is vooraf beskikbaar by Computicket en die Taalmonument teen R140 vir volwassenes, R130 vir studente en R70 vir kinders onder 13 jaar.
Bring ’* kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar. Geen honde of vure is toegelaat.
Elvis Blue speel op Saterdag 17 Februarie, en Die Heuwels Fantasties is daar op Saterdag 24 Maart.
Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za