Refentse sing by jaarlikse Nederburg piekniek konsert

Refentse Morake.

Aanhangers van die opwindende jong Suid-Afrikaanse sanger, Refentse Morake, kan daarna uitsien om hom by vanjaar se Nederburg Piekniek Pops-konsert te sien, op Saterdag 26 November, om nm, by Nederburg in die Paarl plaasvind.

Hy gaan vir die eerste keer saam met ’n volle simfonie-orkes optree, en van sy bekendste treffers gaan begelei word deur die Kaapstadse Filharmoniese Jeugorkes, wat deur Brandon Phillips gedirigeer sal word.

Die 19-jarige Refentse, wat verlede jaar nog op die skoolbanke was, se eerste CD My Hart Bly In ’n Taal is onlangs vrygestel, en het alreeds platinumstatus verkope bereik.

As gaskunstenaar sal Refentse die verhoog deel met van Suid-Afrika se mees opwindende jong opkomende kunstenaars.

Kaartjies kos R100. Kinders 12 en jonger kry gratis toegang.

Bespreek by www.webtickets.co.za

Hekke maak 4nm oop sodat almal betyds ’n lekker piekniekplek op die groot grasperk kan kry.

Alkoholiese drankies mag nie op die perseel gebring word nie.

Nie-alkoholiese drankies en Nederburg-wyne sal wel by die venue te koop aangebied word.