Philip Moolman by die Drostdy

Akteur en sanger Philip Moolman is op Vrydag 14 Julie, om 8.15nm, by die Drostdy Teater in Stellenbosch.

Hy word deur meeste mense onthou as André Vorster van Egoli, of Neil Macdonald van Sonkring. Sy loopbaan het afgeskop met die wen van ’* landswye sang- en liedjie-
skryf-kompetisie Ster ’90 waarin hy as beste sanger en liedjie-
skrywer aangewys was.

In 2002 open hy Die Blou Hond teaterrestaurant, waar hy en dosyne top kunstenaars weekliks optree. Met die suksesvolle optredes by Blou Hond Teater het Moolman besluit dis weer tyd om sy talente aan ’* wyer gehoor bekend te stel.

Hoofrolle in vier musikale blyspele het gevolg: Esther, Liefling, Droomkind en Ons vir jou; asook ’* rol in die film Snaaks Genoeg.

“Dis die eerste keer in dekades dat ek die voorreg gaan * ê, om ’* konsert in my eie tuisdorp-omgewing te doen: in Parow (waar ek grootgeword het) en in Stellenbosch (waar ek studeer het). Ek was in 1985 ’* eerstejaar op Stellenbosch, in die drama department, saam met Casper de Vries, Ilse Roos, Marion Holm en ander bekendes.

“Ek het in Helshoogte koshuis gebly. Natanië* en Koos Kombuis was ook daai tyd op die Bos – soos ons destyds daarna verwys het. Dit gaan ’* heerlike, emosionele en sentimentele terugreis-belewenis wees. Ek sien vreeslik uit na my optrede by Drostdy Teater. My nuwe album is oppad; en verskeie hoofrolle in rolprente, sepies en TV-reekse wink,” sê Moolman.

Kaartjies kos R120, en is beskikbaar by 087 943 2459 of info@drostdyteater.co.za

Previous articleWater; wine
Next articleBright Street exhibition
SHARE