■ Mzansi Makers is ’n nuwe nie-winsgewende organisasie wat enersyds opwindende geleenthede bied in die ontwikkeling van kunstepreneurs, en andersins die platform vir alle kunsvorme wil vergroot. Die eerste klassieke musiekreeks word in Diemersfontein-wynlandgoed, Wellington, se sjarmante en intieme herehuis aanbied. Alhoewel Mzansi Makers daarop gemik is om projekte op ’n nasionale vlak van stapel te stuur, wil hul met hierdie musiekreeks bydra tot die bevordering van klassieke musiek op die platteland. Hierdie konsertreeks, is deur die ondersteuning van die Rupert Musiekstigting moontlik gemaak. Die uitvoerings begin einde Oktober, met onder andere ’n Rabboni-sonata, geïnspireer deur die Italiaanse opera melodië, gunstelinge soos Carmen Fantasie deur Borne, musiek uit Thais, ens. Kaartjies kos R50, by accounts@mzansimakers.co.za of 073 435 1022. Die volledige program is beskikbaar by facebook.com/MzansiMakers