Op Sondag 28 Augustus, om 4nm, het die Nederlandse Hervormde Kerk, Gemeente Paarl, die voorreg om ’n paar gesogte kunstenaars as gaste te ontvang in die historiese kerkgebou, met sy besondere akoestiek.
Johan Bakkes sal daar wees om sy nuutste boek voor te stel, en op sy kenmerkende manier daaruit te vertel. As u ’n boek aan hom wil skenk ter wille van sy projek om boeke te versprei waar dit nodig is, bring asseblief saam.
Lourens Fick, pianis en musiekstudent aan Maties, sal sy vlugge vingerwerk vertoon. Hy het al aan verskeie klavierkompetisies deelgeneem en onder andere ’n pragklavier van Yamaha gewen.
’n Besoekende Spaanse koor van die Universiteit van Alcala met dirigent Prof. Dr. M Gloria Quintanilla Lopez tree op.
Dit word gevolg deur die bekende Tygerberg Kinderkoor onder leiding van Hendrik D Loock met begeleiding deur Theresa Loock.
Adri Louw, wat haar al op soveel geleenthede onderskei het en pryse gewen het in S.A. en in Engeland, sal ’n paar liedere sing uit bekende musiekblyspele. Johannes Slabbert, jong bariton en solis in vele operas in S.A. en in die buiteland, tree dan op met ’n keur van bekende arias uit operas.
Johannes was reeds drie keer genooi om in Helsinki, Finland te sing as genooide gaskunstenaar se Johann Strauss Nuwejaarskonsert, en was in 2014 die wenner van die Musiqanto prys van die ATKV.
Hy is deur die Gauteng Simfonieorkes genooi om saam met die werelbekende tenoor, Johan Botha, op te tree op 18 Augustus in die Brooklyn Teater se Opera Galakonsert. Hy word begelei deur Mark du Plessis, op Sondag 28 Augustus in Paarl.
Kaartjies kos R120, en is beskikbaar by KIKKA Koffiewinkel in Hoofstraat Paarl, en by die organiseerder, Gwen van Wyk, by 082 875 8923.