Mathys Roets by die Drosty

Kom geniet Mathys Roets se passievolle vertolking van musiek van onder andere Koos du Plesssis, Leonard Cohen, Lucas Maree, Piet van Wyk de Vries, asook van sy nuutste treffers. Mathys se sangloopbaan van 21 jaar, word vandag Woensdag 17 Augustus, om 8.15nm, by die Drostdy-teater op Stellenbosch gevier. Mathys het deur sy loopbaan bekendheid verwerf vir sy sielvolle vertolkings van die wêreld se mooiste ballades. Kaartjies kos R120. Bespreek by info@drostdyteater.co.za