Korreltjie Kantel by Taalmonument

■ “Korreltjie klein is my woord, korreltjie niks is my dood” – Korreltjie Sand deur Ingrid Jonker. Ter viering van Taalmaand bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) aan Korreltjie Kantel, ‘* musiekteaterproduksie oor die digter Ingrid Jonker en skrywer André P Brink se liefdesverhouding, op Saterdag 18 Augustus, om 7nm, in die Historiumgebou in Pastorielaan, Paarl.