Karin Hougaard by Drostdyteater

Karin Hougaard woon en werk reeds sewe jaar in die buiteland, maar elke jaar kom sy minstens een keer huistoe: om te kuier, melktert en biltong te eet en perdalks om ook te sing. Op Saterdag 29 April gooi sy ‘n Kaapse draai en maak haar buiging by Drostdyteater in Stellenbosch, om 8.15nm. Haar program word spesifiek saamgestel vir hierdie optrede in Stellenbosch en inkorporeer ondermeer van haar bekende treffers, soos Bly, Skollieklong en Kruietuin. Karin onderneem om ook enkele van haar nuutste werke met Nederlandse superster Herman van Veen as mede-outeur, te sing. Jaconell Mouton is hierdie ongeveer 90 minute program se musikaleregisseur en begeleier. ​