Jitsvinger op Jeugdag 

Rymkletser Jitsvinger kom met woorde toor by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Jeugdagviering, op Vrydag 16 Junie, by Klein Nederburg Sekondêre Skool in die Paarl, van 10vm tot 12nm.;

Jitsvinger is die gasspreker en sal ook ’n kort werkswinkel oor rymklets in Afrikaans aanbied. Dit sluit ook ’n optrede in deur die plaaslike rymkletsgroep Getuie$, asook ’n oopmikrofoonsessie – waarvoor belangstellendes vooraf moet inskryf. Die plaaslike radiostasie, Radio KC 107.7FM, saai die program regstreeks uit.

Die uitvoerende kunstenaar Quintin Goliath, beter bekend as Jitsvinger, is ’n gevestigde skrywer, komponis, opvoeder en musikant van die Kaapse Vlakte. Hy beskryf homself as ‘n “multifasetkunstenaar met hope kreatiwiteit en ‘kultuur’ te spaar”.

Hy het onlangs teruggekeer van sy tweede Nederlandse toer, hierdie keer met die musikale teaterproduksie South African Road Trip: Celebrating Life. Hy is ook in Junie in Artscape te sien in Smoortjies, Smoothies met Mervyn Africa.

Toegang is gratis, maar bespreking is noodsaaklik. Bespreek by Nkita Pietersen by 021 872 3441 of student@taalmuseum.co.za

Previous articleWinter warmth
Next articleA journey of dance
SHARE