Jazzy Drostdy-teater

Op Woensdag 15 Junie, kuier Anna Davel by die Drostdy-teater op Stellenbosch met haar vertoning Jazz Up!

Anna sing splinternuwe jazz-verwerkings van haar gunsteling musiek van die vorige eeu en het ook liedjies gekies wat oor alle grense heen beweeg. Liedjies waarna die gehoor kan uitsien is, onder andere, A Nightingale Sang in Berkeley Square, The Way you Look Tonight, At Last, How Sweet it is to be Loved by you, Gypsy in my Soul, Feeling Good, Cheek to Cheek en I can Cook too.

Haar vorige twee jazz albums Linger en Linger Longer is met groot sukses ontvang, en Linger Longer word beloon met ’* SAMA benoeming as een van slegs vyf CD’s vir Beste Jazz Album van die jaar saam met internasionaal erkende kunstenaars soos Tutu Puaono.

Saam met haar op die verhoog is Lou-Ann Stone (saksofoon) en Jaconel Mouton (klavier).

Die trio musikante beloof om te sorg vir ’* hoogs vermaaklike aand: stem, saxofoon en klavier is presies wat nodig is om hierdie program ’* onvergeetlike reis te maak. Kaartjies kos R150 en die vertoning begin om 8.15nm. Bespreek by info@drostdy teater.co.za of 087 943 2459.